![]() Kenteken van die Afghaanse nasionale krieketspan | |||||||||||||||||
Konferensie | Afghaanse Krieketraad (ACB) | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Personeel | |||||||||||||||||
Toetskaptein | Hashmatullah Shahidi | ||||||||||||||||
EDI-kaptein | Hashmatullah Shahidi | ||||||||||||||||
T20I-kaptein | Rashid Khan | ||||||||||||||||
Afrigter | ![]() | ||||||||||||||||
Geskiedenis | |||||||||||||||||
Toetsstatus verkry | 2017 | ||||||||||||||||
Internasionale Krieketraad (IKR) | |||||||||||||||||
IKR-status | Assosiaatlid (2001) Volle lid (2017) | ||||||||||||||||
IKR-streek | AKR (Asië) | ||||||||||||||||
| |||||||||||||||||
Toetswedstryde (Toetse) | |||||||||||||||||
Eerste toets | t ![]() | ||||||||||||||||
Laaste toets | t ![]() | ||||||||||||||||
| |||||||||||||||||
Wêreldtoets- kampioenskappe | 0/4 | ||||||||||||||||
Internasionale eendagwedstryde (EDIs) | |||||||||||||||||
Eerste EDI | t ![]() | ||||||||||||||||
Laaste EDI | t ![]() | ||||||||||||||||
| |||||||||||||||||
Krieketwêreldbeker-verskynings | 3/13 (eerste in 2015) | ||||||||||||||||
Beste uitslag | Groepfase (in 2015, 2019 en 2023) | ||||||||||||||||
Wêreldbeker- kwalifiserings | 2 (eerste in 2009) | ||||||||||||||||
Beste uitslag | Kampioen (in 2018) | ||||||||||||||||
Kampioenetrofee-verskynings | 1/9 (eerste in 2025) | ||||||||||||||||
Beste uitslag | Groepfase (in 2025) | ||||||||||||||||
Twintig20s (T20Is) | |||||||||||||||||
Eerste T20I | t ![]() | ||||||||||||||||
Laaste T20I | t ![]() | ||||||||||||||||
| |||||||||||||||||
T20I-wêreldbeker-verskynings | 7/9 (eerste in 2010) | ||||||||||||||||
Beste uitslag | Halfeindstryd (in 2024) | ||||||||||||||||
T20I-wêreldbeker- kwalifiserings | 4 (eerste in 2010) | ||||||||||||||||
Beste uitslag | Groepfase | ||||||||||||||||
|
Die Afghaanse nasionale krieketspan (Pasjtoe: د افغانستان د کريکټ ملي لوبډله; Persies: تیم ملی کریکت افغانستان) is die nasionale krieketspan wat Afghanistan in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur die Afghaanse Krieketraad (Engels: Afghanistan Cricket Board, ACB; Pasjtoe: د افغانستان کريکټ بورډ; Persies: کریکت بورد افغانستان) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status. Krieket word sedert die middel van die 19de eeu in Afghanistan gespeel, maar dit is net in onlangse jare wat die nasionale span sukses behaal het. Afghanistan is tans (Maart 2025) elfde op die IKR-toetsranglys, agtste op die eendagranglys en tiende op die Twintig20-wêreldranglys.[12][13][14]
Die Afghaanse Krieketraad is in 1995 gestig, het in 2001 ’n geaffilieerde lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword[15] en in 2003 ’n lid van die Asiatiese Krieketraad (AKR).[16] Hulle is die twaalfde volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR), en die vyfde in Asië, nadat hulle – saam met Ierland – op 22 Junie 2017 bekroon is met toetsstatus.[17][18][19][20][21]
Afghanistan se opgradering binne die IKR het gekom nadat hulle amper ’n dekade lank internasionale krieket gespeel het. Afghanistan is ook die eerste span wat volle status verkry het nadat hulle vanaf 2001 tot in 2013 ’n assosiaatlid was en ook die enigste assosiaatlid was wat aan ’n vername IKR internasionale kriekettoernooi deelgeneem het.[19] Hulle het op 23 Februarie 2019 die rekord vir die hoogste internasionale T20I-telling met hul 278/3 teen Ierland op Rajiv Gandhi Internasionale Krieketstadion, Dehradun, aangeteken. Van hul onlangse prestasies sluit in die kwalifisering vir die krieketwêreldbekertoernooie in 2015, 2019 en 2023; tydens die 2015-toernooi het Afghanistan sy eerste krieketwêreldbekeroorwinning aangeteken, nadat hulle Skotland verslaan het.[22] In onlangse jare kon die span groot prestasies behaal soos vir die halfeindstryd van die T20I-wêreldbeker 2024 en die Kampioenetrofee 2025 te kwalifiseer.
As gevolg van die voortgesette burgeroorlog sedert 2001 en die magsoorname deur die Taliban in 2021, asook ’n gebrek aan fasiliteite op ’n internasionale standaard, is die nasionale krieketspan gedwonge om sy tuiswedstryde in sy buurlande te speel. Van Afghanistan se amptelike tuiswedstryde is al in Indië, Sri Lanka en die Verenigde Arabiese Emirate gespeel.